Olimpiese eed

Vlag van die Olimpiese Spele

Die Olimpiese eed is die teks wat tydens die openingseremonie van elke Olimpiese Spele uitgespreek word deur 'n atleet en 'n amptenaar. Deur die uitspreek van die eed belowe die atlete en amptenare dat hulle tydens die spele by die reël en regulasies sal hou.

Hoofstuk 5 van die Olimpiese grondwet beskryf hoe die eed afgelê moet word. Hier word voorgeskryf dat 'n atleet van die organiserende land die eed uitspreek namens al die atlete. Die eed word in Engels uitgespreek en lui as volg:

In the name of all the competitors I promise that we shall take part in these Olympic Games, respecting and abiding by the rules which govern them, committing ourselves to a sport without doping and without drugs, in the true spirit of sportsmanship, for the glory of sport and the honour of our teams.

Terwyl die atleet die eed aflê moet hy die Olimpiese vlag in sy linkerhand vashou en sy regterhand opgesteek hou. Die vlagdraers van al die deelnemende lande vorm 'n halwe sirkel voor die podium waar die atleet wat die eed aflê op staan.

Daarna lê een van die amptenare van die organiserende land die eed af namens al die amptenare. Dit gebeur op dieselfde wyse as by atlete. Die teks hiervoor is:

In the name of all the judges and officials, I promise that we shall officiate in these Olympic Games with complete impartiality, respecting and abiding by the rules which govern them, in the true spirit of sportsmanship.

Die Olimpiese Spele van 1920 in Antwerpen was die eerste waar die Olimpiese eed vir atlete afgelê was. Die Olimpiese eed vir amptenare word ingevoer op die Olimpiese Spele van München in 1972.[1]

  1. (en) "Factsheet Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2019. Besoek op 26 Februarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search